Oor Ons

AGRON is ‘n kunsmismaatskappy wat deur Schoeman Boerdery die lig gesien het. Dertien jaar gelede het Kallie Schoeman gedroom oor ‘n eie vloeibare kunsmis, met fulvien- en humiensure, en het aanvanklik ‘n handjie vol kundige mense, wat passievol is oor kunsmis, genader. Tydens April 1999, is AGRON gebore – ‘n naam saamgestel op grond van die term agronomie, wat ‘die studie van grond’ beteken. Die omskrywing; Nutritional Science, het  op die beginsel gedui dat die grond wetenskaplik gevoed en behandel word om optimale groei te verseker.     
                                                      
‘n Aantal boere in die gemeenskap het van die kunsmis en ‘swart goed’ wat by die vloeibare produk gemeng word, te hore gekom, en vir Schoeman gevra om die produk aan hulle beskikbaar te stel. Teen 2003 was die produk reeds baie gesog, met al hoe meer kliënte, en vervolgens moes meer werknemers in diens geneem word.

Teen 2005 is nog bemarkers aangestel en die tegnologiese span begin toe werk aan ‘n unieke, droë produk (Bio Soil Blend) wat teen 2006 bekendgestel is. Steeds het die kliëntebasis gegroei, en vervolgens het die logistieke- en finansiesdepartemente uitgebrei.
Teen 2009 besluit Agron om aan meer van hul kliënte se behoeftes te voldoen en bou ‘n droë- sowel as ‘n korrelaanleg sodat enige kunsmisproduk verskaf kan word.

In 2010 word daar nog verder uitgebrei na mynbourehabilitasie, en word die produk Pentagron vrygestel om 'n ander aspek van die mark te betree, nl: droëlandboerdery.

Teen 2011 is die kantoorgeboue vergroot en die laboratorium opgegradeer.

Aansienlike groei in die maatskappy die afgelope 13 jaar het gesorg vir ‘n uitgebreide produkreeks en toedienings – van gewasse tot gholfbane om die mynbougrond te rehabiliteer. Die hoë gehalte produkte en die suksesvolle terugvoer van die verbruikers, asook die ongekende groei die afgelope dekade het ook gelei tot die verandering van ons handelsmerk en aangepasde slagspreuk - Grond. Gehalte. Groei. of Soil. Science. Success gedurende  Mei 2012.

Dit is 'n sisteem wat chemiese sowel as oragniese boer metodes integreer om produksie te verhoog en die effek op die omgewing te minimaliseer.

 

Hoekom agron gebruik?

Voordele van die gebruik van Agron produkte:

  • Humus
    Die bou van koolstof in die grond en 'n verhoging van organiese vlakke in die grond, lei na volhoubare boerdery.
  • Mikrobe
    Inenting van verskillende spesies van verskeie mikrobes en bakterieë in die grond, lei tot gesonde grond met baie mikro-organisme aktiwiteite wat plantreste kan afbreek en tot minder grondbewerking kan lei.
  • Minerale
    Grondbalansering en verbeterde opname van minerale lei tot opname in die plant wat 'n gesonder plant en beter oes tot gevolg het.
  • Plant
    Ontleding van grond-en blaarmonsters (pH, Brix, EG), lei tot beter aanbevelings en oesverhogings
  • Biologiese Bestuur
    Siektebeheer en bio-balans lei tot minder insektebeheer en 'n meer en beter biologiese benadering.
  • Voeding
    Grondgesondheid word herstel deur elemente aan die plant te voorsien wat aanleidng gee tot gesonde plante, diere en mense.

Agron se werksmag

Die Agronspan by Agron Hoofkantoor. 
Ons streef daarna om resultate te lewer!

Agron's Workforce