Agron en Mynbou

Agron het die BioSoil Blend aangepas om ‘n unieke produk met die naam van Agron Mining Blend te ontwikkel spesifiek vir 'n mynbou se omgewingsomstandighede. Gewoonlik, in hierdie areas, is daar min of geen bogrond en slegs gemaalde klip wat gerehabiliteer moet word. Die grond is ook baie ongebalanseerd vanweë mynboubedrywighede.

Agron het alreeds sukses behaal op platinum-, chroom-, steenkool- en ysterertsmyne. Resultate en foto`s is beskikbaar by Agronpersoneellede. Agron Mining Blend word dus hoofsaaklik per area aangepas na aanleiding van grondontleding en behoeftes van die grond.

Agron volg in mynbou-omgewings, afhangende van watter area of tipe myn, ‘n 5 tot 9 jaar rehabilitasieprogram om die grond se vrugbaarheid te herstel, soos voor die mynboubedrywighede plaas gevind het. Ons streef daarna om die area in ‘n beter toestand te laat as wat dit aanvanklik was.

Daar was reeds uitstekende resultate in steenkoolmyngebiede wat tans in 'n derde seisoen van rehabilitasie is. Ons werk skouer aan skouer saam met grasvoorsieningsmaatskappye om regte inheemse spesies in die area terug te plaas.

Onderstaande foto`s is geneem na slegs een groeiseisoen op ‘n chroommyn. Daar kan duidelik gesien word waar Agron produkte en- mengsels reguit op uitskot toegedien is met geen bogrond en waar geen bolaag gebruik is nie. Regs is die kontrole en links is die Agronproefterrein - daar is alreeds 5 inheemse spesies wat saad skiet na die eerste seisoen!

Agron's test on the left, the control on the right
Agron se proef aan die linkerkant, die kontrolegedeelte aan die regterkant


Die foto's wys hoe die gras ontkiem het in 2011 na 'n strawwe droë seisoen met baie min reën. Agron het hier gesaai en die Agronproduk aangewend in Oktober 2011 met die reënval wat eers teen die einde van November dieselfde jaar toegeneem het:

Agron se produkte was beskermend gewees en die saad kon asem haal. Dit is duidelik ook 'n voorbeeld van goeie ontkieming van spesies meerjarige inheemse grasse in 'n eerste jaar - wat uniek is. Sekere sade lê eers 'n jaar voordat dit ontkiem.