Wenke & Riglyne

Wenke /  Riglyne vir  blaarbespuitings van elemente

  • Die onderste deel van die blare, waar die meeste stomata (huidmondjies) voorkom, is veral belangrik wanneer blaarbespuitings van elemente gebruik word.
  • Oormatige produkte kan afloop wat kan lei tot toksiese vlakke van die elemente op die onderste blare, dit veroorsaak blaarskroei en die verlies van blare.
  • Maak seker jy dien elemente van toepassing toe op die regte tyd.
  • Vir doeltreffende opname van elemente deur die blare moet die basisversadiging van die grond in ag geneem word.
  • ‘n Basisversadiging van kalsium bo 60% word vereis wanneer die pH-vlak in die grond onder 7 is.
  • Produkte soos Kelp, Humiensuur, aminosure, suikermolekules ens verbeter absorpsie van elemente tydens blaarbespuiting.
  • Fulviensuur en Organiese sure maak stomata (huidmondjies) oop vir beter absorpsie van elemente in die plant.

Die Top 10 wenke

  • Insekte en siektes is die simptome van 'n gewas wat nie gaan produseer nie maar dis nie noodwendig die oorsaak nie.
  • Leer om op die regte manier af te meet.
  • Die gebruik van bespuitings is 'n daad van wanhoop in 'n sterwende landbou.
  • Oormatige gebruik van chemiese soute in kunsmis is fataal in plantvoeding.
  • Chloor steriliseer die grond en maak mikro-organismes dood.
  • Kalsium is die "Drywer" van alle minerale. ‘n Plant het kalsium nodig anders kan hy nie elemente opneem in die plant nie
  • Sluit 'n koolstofbron in met elke kunsmistoediening.  Onthou...Dit bou jou grond op en sal sorg dat jy langer kan bly boer.
  • Korrekte grondontledings is van die uiterste belang.  Die kostes sal verhaal kan word van beter oeste wat geoes word.
  • Voer die grondlewe (gee hulle kos) met 'n stadige vrystelling organiese materiaal.  So verseker jy daar is altyd lewe in jou grond.