Laboratorium

Suksesvolle en volhoubare opbrengste in die huidige landbou-industrie, begin en eindig met kundige bemesting wat gerugsteun word deur wetenskaplike toepassings en navorsing. Agron heg daarom groot waarde aan ontwikkeling en bevordering van kennis en wetenskap. Twee spogfasiliteite dien as grondslag vir Agron se produknavorsing en -ontwikkeling sowel as kwaliteitbeheer van alle produkte. Die fasiliteite staan ook aan die stuur van nuwe navorsing en opleiding van ‘n wêreldklas wetenskaplike span met die vermoë om te integreer en kers vas te hou met soortgelyke instansies reg rondom die wêreld.
 
Chemiese / Algemene Laboratorium
Die laboratorium fasiliteit bestaan uit ‘n algemene chemiese laboratorium waar verskeie prosesse gebeur, onder andere produk-kwaliteitbeheer, asook navorsing en ontwikkeling:

Metodes en dienste wat hierdie laboratorium kan bied:
•    Interne en eksterne produk-kwaliteitbeheer
•    Humien / Fulviensuur ekstraksies
•    Kommersiële & groenhuis proewe
•    EDX/ NIR analise
•    Produk-ontwikkeling en verifikasie
•    Chemiese / Produksie optimisering
•    Blaar en grond analises
•    Verpilling van blare
•    Chemiese grond ekstraksies  
 
Nuwe tegnologie word hand-aan-hand gebruik met tradisionele metodes om te sorg dat nuwe metodes en tegnieke wat ontwikkel word, in ‘n relevante en herhaalbare konteks toegepas kan word, om sodoende akkuraatheid van analises te verseker.

Mikrobiologiese Laboratorium
Die nuweling wat in 2016 bygevoeg is tot Agron se wetenskaplike repertoire is die Mikrobiologiese laboratorium. Die fasiliteit bied ‘n legio addisionele praktyke en navorsingsgeleenthede in die biologiese wetenskappe en dien ook as spilpunt vir verdere ontwikkeling in die toekoms.

Fokus areas sluit in:
•    Biologiese analisering van water
•    Kweek en manupilasie van mikroörganismes
•    Kwaliteitbeheer van mikro-bevattende produkte

Tegnieke en metodes:
•    Totale coliforme & E. coli
•    Fekale coliforme
•    Heterotrofiese plaattellings
•    Depper – Totale mikrobiologiese aktiwiteit
•    Depper – Patogeniese indikators
•    Mikrobiologiese aktiwiteit (CO2 analise)
•    Mikrobiologiese diversiteit & dominansie
•    Totale mikrobiologiese tellings
•    Interpretasie van analises    

Agron se laboratorium het die vermoë om die industrie te ondersteun deur gehalte en groei te bevorder vir die landboupraktyke van vandag. In lyn met ons visie, missie en waardes, is dit die laboratorium se beleid om professionele, kundige diens te lewer wat verteenwoordig word deur akkurate resultate en interpretasies.