Grond. Gehalte. Groei.

Agron is ‘n kunsmismaatskappy met ‘n verskil.  Agron fokus op grondgehalte, en vervolgens optimale groei, asook kwaliteit-dienslewering en hoë gehalte produkte. 

Agron se produkte word geformuleer deur middel van ‘n unieke biologiese benadering, wat organiese en chemiese prosesse kombineer. Agron glo dat 'n suiwer chemiese benadering tot bemesting nie volhoubaar kan wees nie. 

Agron maak gebruik van Humiensure (Humates) en Fulviensure (Fulvates) wat ons by ons hele reeks N:P:K- mengsels, mikro-element blaarvoedings en grondtoedienings voeg as ‘n natuurlike bindmiddel.

Een van Agron se hoofdoelwitte is die opbou van koolstowwe in die grond. Dit word gedoen deur ‘n unieke gepatenteerde, biologiese grondkondisioneerder toe te dien.

Ons bevorder biologiese geїntegreerde produksie, deur ons kliënte op hoogte te hou van alle nuwe ontwikkelinge, ons unieke produkte en passievolle dienslewering.

 

Klik hier om ons kliënt tevredenheid opname te neem ...